Huisgenoot

’N DERDE WOELWATER

SY MAAK haar gereed vir ’n lieflike chaos, want met drie woelige seuntjies in een huis kan dit mos nie anders nie.

“Ek het altyd ’n prentjie van vier seuns in my kop gehad,” vertel Riana Nel, en die donkerkopsangeres straal van afwagting. “Ek het om die een of ander rede gedink dit sal lekker wees om deur soveel manne omring te word.”

Die kleinding in haar groeiende babamagie is nóg ’n seun, haar derde, deel sy die groot nuus eksklusief met Huisgenoot. Riana (38) en haar man, Cornel de Beer (36), is reeds die trotse ouers van twee woelwaters, Tristian (4) en Sebastian (2). En hul kleinboet sal na verwagting in Maart sy opwagting maak.

“Ek dink ek het nou my vier seuntjies,” sê Riana.

Dan lig sy vir die eerste keer die sluier oor die hartseer wat sy stil-stil verwerk het toe sy in 2018 ’n miskraam op ses weke gehad het.

Dit was kort voor die begin van die verfilming van The Voice South Africa, M-Net se gewilde werklikheidsreeks waarin sy verlede jaar as afrigter te sien was. Sy glo dié babatjie is die ander seuntjie wat altyd in haar gedagtes was – en nou altyd daarin opgesluit sal bly.

Waar sy vandag 37 weke swanger en grasieus vir ’n fotosessie vir poseer, getuig haar spontane glimlag van ’n ma wat diep dankbaar is – haar welige

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot4 min read
Wéér Saam In Nog ’n Storm
IN TYE van verlies of hartseer maak bloed- en liefdesbande jou sterker. Dis die krag van daardie band wat vandag die akteur Jurgen McEwan en sy susters, Leonie en Cheslynn, hier in hul grootwordhuis in Atlantis omvou. Want die lewe het hulle weer ’n
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related