VIR DIE VOËLS
Toe sy van die teerpad afdraai en Tsendze se bospaadjie vat, voel Nadine in haar noppies.
Die wildtuin se bosgeure van warmgebakte gras, stof en gekneusde struike is ou bekendes. “Bingo!” wil sy amper uitroep, “Ek het dit gedoen! My eerste solo Kruger-vakansie met my eie tent en nuwe wiele!”
Sy glimlag toe die neushoringvoël ewe gepas antwoord en sy geel snawel teen ’n takkie afvee. Shame, hy dink seker ek’s ’n weduwee, kry sy lag.
Sy moes eers haar kampeernommer by Mopani-ruskamp ’n entjie verder gaan kry, en sy het sommer gou geloer hoe hul restaurant-spyskaart lyk vir die aande wat sy dalk nie wil braai nie. Hulle het net chalets, maar sy verkies hul boskamp by Tsendze. En hier is sy nou, weg van Pretoria se beskawing, en vry om te doen wat sy wil.
Nadine groet hier en daar met ’n kopknik terwyl sy haar kampeerplek soek. Sy kry lekker toe die mense na haar klein Jeep met sy oulike voël- en blommotief teen die agterdeur kyk. Sy trek by haar kampeerplek in met die nommer teen die groot appelblaarboom, lekker knus teen die draad, van waar sy beplan om vanaand met haar nagverkyker die omgewing te bespied.
Die tentopslanery het sy by die huis geoefen, want ’n alleenvrou wil nie lyk asof sy hulp nodig het nie. Nogtans verloop dit nie vlot soos op die grasperk nie. Die grond is klipperig en skuins, en haar nuwe rubberhamer doen nie veel met die tentpenne nie. Sy kom orent en vee die straaltjie sweet voor haar oor weg. Dan moet die penne maar net halfpad ingaan, besluit sy.
Maar haar buurman dink nie so nie. Toe sy opkyk, staan hy daar met met sy groot lyf en sy glimlag en sê dis nie goed genoeg nie en kan hy haar help.“Piet … aangenaam,” groet hy met die hand uitsteek. “Vroegoggend steek die wind op, dan wil jy nie rondgewaai word nie.” Daarmee vat Piet die hamer en moker die penne met ’n paar slae in. Sy is bly dat hy nie uitvra nie.
“Dankie,” sê sy effens
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days