Rooi Rose

TSJECHOF se skoothondjie

Almal het gesê slim Arend Stofberg en mooi Lettie Vermaak is bestem vir mekaar – nes twee skoene, perfek geskoei en nommerpas tesame! Ja-nee, dié twee sal gewis trou sodra Arend klaar geleer het.

Intussen werk Lettie in die dorp se Handelshuis. Van Maandag tot Saterdag sit sy in ’n kantoortjie en maak seker dat die boeke klop. Die dorpskêrels probeer by haar kuier, maar sy sê nee dankie, haar hart behoort net aan Arend. Later gee die kêrels moed op. Toe sit Lettie stokalleen op ’n Saterdagaand terwyl die jongklomp langarm dans by die Landbousaal. Sy blaai deur ’n modeboek wat sy op die Handelshuis se rak kry, kyk na trourokke en droom van eendag as Arend háár van die rak afhaal vóór sy dalk ’n oujongnooi word.

Toe Arend ná jare terugkom, is hy ’n geleerde man, propvol boekekennis wat hy gretig aan die kinders van Hoopfontein oordra. Hy rig die rugbyspannetjie af, beywer hom vir kuns en kultuur, en ná afsterwe van Oumeneer Lotriet word hy die skoolhoof.

Mooi Lettie woon steeds by haar ouers en versorg hulle van kop tot toon.

“Dis my plig,” sê sy vir Arend wanneer hy moedeloos vra: hoe lank nóg? Dis wat die mense van Hoopfontein ook vra. Hulle sien die twee sit saans op die stoep en hou handjies –

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Rooi Rose
REDAKTEUR Martie Pansegrouw ADJUNK-REDAKTEUR Hannelie Diedericks ONTWERP & UITLEG Linda Ehlers Christelle Lategan TEKSREDAKTEUR Hugonette Theron PRODUKSIE EN FOTOREDAKTEUR Melissa-Jade Myburgh melissajm@caxton.co.za VERHAALREDAKTEUR Corlia Fourie cor
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag

Related