Rooi Rose

MAMMA RIANA

Riana en Cornel het twee seuntjies. Tristian is drie, en Sebastian word in September twee. Sy sê sy is ’n rustige ma. “Ek is” Wat geniet sy die meeste van ouerskap? “Elke liewe deel! Dis die lekkerste ding wat ek al ooit gedoen het. Elke oomblik is vir my – van doeke ruil tot daardie trots van ‘Mamma, ek het my eie broek opgetrek’. Ek is mal oor die warm drukkies, en as hulle dit vir die eerste keer regkry om ‘rrrrrr’ te sê, of ’n soentjie te gee! My oudste loop in die huis rond en sing kliphard die woorde van my nuwe liedjie ‘Hou die hemel oop’.” Dit maak haar hart om meer as een rede bly. “Ek het van die begin af liedjies geskryf met die wete dat kinders dit sal saamsing, en ek is dankbaar dat wat ek skryf, kinders van die Here en die hemel leer. Jy preek deur jou musiek ook op ’n manier vir mense, en jy het as skrywer en sanger ’n verantwoordelikheid wat jy ernstig moet opneem. Ek glo jy sal eendag verantwoording doen daarvoor.” Moederskap het haar al ’n paar lesse geleer. “Nes met ander ma’s het dit my geleer om iemand anders bo myself te stel, elke oomblik van elke dag. En dis verskriklik goed vir my! Om ’n ma te wees hou my aan die bid, en baie dankbaar.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke

Related Books & Audiobooks