Rooi Rose

BEROEMD én BERUG

Al was sy hoe talentvol, het die skilder Artemisia Gentileschi nooit dieselfde vergoeding vir haar werk as haar manlike tydgenote ontvang nie. Klagtes daaroor het niks vermag nie. Klink bekend, maar Artemisia is nie ’n “moderne” skilder nie. Sy is ’n Barokskilder wat in 1593 in die Toskane in Italië gebore is.

Nou onlangs, op 16 Mei vanjaar om presies te wees, is haar skildery, “Lucretia”, in Wene vir $2 miljoen aan ’n Australiese versamelaar verkoop. Dit is haar uitbeelding van sterk vroue wat nou nie net meer die belangstelling van feministe prikkel nie, maar ook beleggers en museums laat nader staan.

Hoewel die skilder Caravaggio en haar pa, Orazio Gentileschi, ook ’n skilder, haar beïnvloed het, is haar skilderye meer realisties as dié van haar voorgangers. Haar komposisies is ook energieker en deur haar loopbaan het sy die gebruik van tekstuur en kleur verfyn, en bekend geword vir haar juweelkleure en realistiese veltinte.

Haar klagtes oor vergoeding is nie al wat sy met haar moderne susters gemeen het nie. Sy sou by die “Me too”-beweging kon inskakel,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke

Related