Rooi Rose

’n Fees van smake

DHAL MAKHANI MET POORI EN BLOMKOOL IN SAFFRAAN GEBAK

 GENOEG VIR 6

KwaZulu-Natal het een van die grootste Indiese gemeenskappe in die wêreld. Die invloed van dié ryk, kleurryke kultuur kan duidelik in ons Suid-Afrikaanse kerries geproe word. Hierdie ongelooflike lekker gereg word gewoonlik oornag in die Indiese klei-tandooroond gaargemaak en is heerlik, ryk en geurig.

DHAL MAKHANI

 Begin reeds die vorige dag met die dal:

180 ml swart lensies 30 ml (2 e) olyfolie 1 middelslag-ui, geskil en fyngekap 2 groen brandrissies, fyngekap 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap 4 cm vars gemmer, geskil en gerasper 1 lourierblaar 1 kaneelstokkie 2,5 ml (½ t) komynsaad 3 kardemompeule 2 naeltjies 2,5 ml (½ t) rooi brandrissiepoeier 2 knypies vars gerasperde neutmuskaat 500 ml (2 k) water 1 x 400 g-blikkie heel geskilde tamaties in sous 1 x 400 g-blikkie witbone, gedreineer 125 ml (½ k) room 45 ml (3 e) botter

Bedek die lensies met genoeg water en week oornag. Dreineer en spoel die lensies goed af onder lopende water. Bedek die lensies met water en kook vir sowat 20 min. tot gaar. Dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ’n oondvaste kastrol. Braai die ui, brandrissies, knoffel, gemmer en speserye daarin tot geurig en sag. Voeg 250 ml (1 k) van die water en Verhit die oond tot 160 ˚C. Sit die kastrol in die oond en bak die dhal vir 3-4 uur. Voeg die ander koppie water ná 1½ tot 2 uur by die lensies, roer deur en bedek weer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe
Rooi Rose2 min read
Planne Met Kosprikkels
• Geselliger maaltye Die lekkerte van maaltye is dat dit struktuur aan die dag gee. Maar die kuns is om die fokus weg te trek van kos om kos se onthalwe. Maak dit ’n tyd vir deelname en geselligheid, soos dat die gesinslede almal saam kook of beurte

Related