Rooi Rose

DAGGA-OLIE Durf jy dit waag?

Jy soek nie dagga-olie as jou “lisensie” om ’n stoner te raak nie. Jy het werklik erge pyn, of ’n ernstige toestand – artritis, slaaploosheid, angs, fibromialgie, kanker – en jy hoor dagga-olie kan help, maar is dagga-olie die pad vorentoe vir jflú? Dagga-olie is op almal se lippe. Selfs die behoudendste van tannies erken dat hulle dagga gebruik. En nie net plaaslik nie. Die verkope van dagga-olie in Kalifornië het ná wettiging van onbenullig tot sowat 40% van daggaverkope gestyg, met ’n verwagte saamgestelde groei van 30% per jaar, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se 2015 cannabis-verslag.

Die mark is fenomenaal groot. Prohibition Partners, ’n internasionale Britse konsultant, glo die cannabis-mark vir mediese en wettige ontspanningsgebruik kan teen 2023 tesame R27 miljard werd wees. As die 40%-vraag wêreldwyd geld, kom dit neer op R10 miljard vir dagga-olie.

Prof. Sylvester Chima, hoof van Bio- en Navorsingsetiek en Mediese Reg aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, sê ons produseer reeds ’n geraamde 2 500 ton dagga elke jaar. Ons het dus die klimaat en bewese vaardigheid om ons produksie te verhoog en groot buitelandse inkomste vir ons land te verdien.

DEFINISIES VIR DAGGA

Dagga, soos ons in die volksmond daarvan praat, verwys na ’n hele spektrum van produkte. Dit sal al klaar help as ons almal dieselfde naam vir elke vorm van dagga ken:

 Dit is die spesiename van die vernaamste daggasoorte. Aanvanklik het mense tussen hulle) te induseer. Maar weens telingseleksie kan altwee in enige spesie voorkom. Daarom onderskei plantkenners nou eerder tussen spesies op grond van hul chemotipe, met ander woorde die hoeveelheid CBD en THC daarin. Daar is vyf soorte: dié met hoë THC; dié met hoë vlakke CBD; dié wat min of meer ewe veel van albei bevat en tussenin val; ’n groep met hoë vlakke van cannabigerol en die laaste groep met byna geen THC of CBD nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Rooi Rose
REDAKTEUR Martie Pansegrouw ADJUNK-REDAKTEUR Hannelie Diedericks ONTWERP & UITLEG Linda Ehlers Christelle Lategan TEKSREDAKTEUR Hugonette Theron PRODUKSIE EN FOTOREDAKTEUR Melissa-Jade Myburgh melissajm@caxton.co.za VERHAALREDAKTEUR Corlia Fourie cor
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag

Related