Rooi Rose

RESPEK is ’n tweerigtingding

Mense behandel ander soms openlik en blatant sonder respek. En dit gebeur dikwels ook onder die radar op subtiele, manipulerende maniere. Iemand sal dalk sy oë rol, subtiel wegdraai, jou nie ’n kans gee om te praat nie, of nie jou vrae beantwoord nie.

Ouer mense en mense in gesagsposisies éis dikwels respek van jongeres, of van mense wat volgens hulle in ’n ondergeskikte posisie is. Maar respek is ’n tweerigtingding. Mense wat dit gee, ontvang dit gewoonlik ook. Dis baie makliker om geld te verdien as om ander se respek te verkry. Die meeste mense verloor soms beheer en kan in ’n onbewaakte oomblik iets sê of doen wat oneerbiedig is.

Wanneer iemand sonder respek optree, sê dit meer van hom as van die ontvanger. Nege uit tien keer het dié mens ’n probleem, ’n slegte dag, of swak kommunikasie- of emosionele vaardighede.

Daar is ook mense met min selfvertroue en selfrespek wat bevrediging daaruit kry om ander nie met respek te behandel nie. Daar was dikwels in hul ouerhuise min respek vir mekaar, of hulle is as kinders sonder respek behandel, en dis die patrone wat hulle aangeleer het. Maar daar is wel kere wanneer mense gesoek het na wat hulle kry. Daarom is dit tog nodig dat ’n mens hand in eie boesem steek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke

Related