SARIE

DOREEN MORRIS 35 jaar van vasbyt & flair

Baie geluk, SARIE, dat jy steeds relevant is. Daar is niks so goed soos jou huis- en hartstaal nie. Vroue wat 50 raak, voel dikwels onsigbaar. Om op 70 met soveel swier te verskyn gee ons hoop
Doreen

Die spreekwoord lui: “At sixty your broad mind and narrow waist have traded places.”

Wanneer Doreen Morris met haar skooldogter-middel in ’n swart-engroen gedrukte kente-rok en Miss Moneypenny-halssnoer haar verskyning by die Kompanjiestuin in Kaapstad se koffieplek maak, bewys sy die stelling verkeerd. Dit is veral duidelik wanneer sy oor ’n glas water, in perfekte Afrikaans, oor haar televisieloopbaan van die afgelope 35 jaar gesels.

Sy is pure Afrika-sjiek met haar hoë bolla, sterk wangbene, bokkie-oë en romerige, koffiekleurige vel wat sy saans ná badtyd met Vaseline bevog. Haar vingers is lank, soos dié van ’n pianis, die naels, Frans gemanikuur.

Sy waai al die komplimente weg. “Ek trek aan om goed te voel. Vandag het vroue soveel vryheid om kort of lang rokke te dra. Ek is ook mal oor jeans.” Sy word gereeld vir haar unieke styl geprys en sê sy geniet dit om af en toe op te tof vir die rooi tapyt.

Doreen is die verpersoonliking van ’n suksesvolle Suid-Afrikaanse vrou wat haar pad van Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte tot in die wêreldarena uitgetrap het. Deesdae tel Libanon, Kuba en Jamaika onder haar gunstelingbestemmings. “Daar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE7 min read
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN
Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n ri
SARIE3 min read
Bederfprodukte Luuks
1. Romano Ricci, agterkleinseun van die Franse modeontwerper Nina Ricci, het sowat vyftien jaar gelede sy eie parfuumhuis begin. Juliette has a gun glo parfuum is meer as net iets wat jy daagliks aanspuit om lekker te ruik. Jou geur is uniek aan jou
SARIE5 min read
Kanker-raaisel
Die prinses van Wallis se aankondiging dat sy “voorkomende chemoterapie” vir ’n ongespesifiseerde soort kanker kry, het die wêreld aan’t praat gehad. “Maar sy is só jonk!” was die refrein. Ook die Amerikaanse aktrise Olivia Munn het onlangs oopgemaak

Related