Vrouekeur

Hou die MODEMONSTER in TOOM

Ons sien dit oral: papierstrooitjies wat plastiekstrooitjies vervang, mense wat hul eie koppies vir wegneemkoffie ronddra en plastiekverpakking tydens inkopietogte vermy.

Hoewel al dié veranderinge positief is, sê omgewingsbewustes die modebedryf is nét so ’n groot sondaar wanneer dit by besoedeling kom.

Die spoed waarteen nuwe klere beskikbaar is en die gewoonte om gedurig nuwe klere te koop, staan as fast fashion bekend en ’n groeiende wêreldwye neiging probeer dié “monster” hokslaan.

In ’n artikel wat sowat ’n jaar terug in The Guardian verskyn het, word daar genoem dat die gemiddelde kledingstuk ’n leeftyd van 2,2 jaar in die Verenigde Koninkryk het. ’n Toenemende aantal jongmense probeer nou om minder klere te koop en oorweeg eerder tweedehandse opsies. Wanneer nuwe klere wel gekoop word, kry plaaslike en volhoubare handelsmerke veral voorkeur.

‘GROEN’ IS DIE NUWE SWART

Suid-Afrika se voorste modeplatform, die Suid-Afrikaanse modeweek, het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur7 min read
’n Magiese stad
Covid-19 het reis nou onmoontlik gemaak, maar ons glo ná elke storm skyn die son weer. Ons sal weer kan reis en hier is solank ’n stad wat jy op jou lys kan sit vir wanneer die wêreld weer begaanbaar is Soos met ons vorige besoek aan Istanboel, bly o
Vrouekeur1 min read
Diere Onder Die Son!
Pikkie is ’n pou met die pragtigste vere. “Kyk net hoe pronk ek,” sê Pikkie. Kleur die rooster volgens die nommers in om te sien hoe Pikkie pronk.
Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege

Related