Weg!

WAAG DIT TUSSEN VULKANE

Die nimmereindigende kinkels in die smal paadjie en die hengse afgrond hier reg langs ons laat my nekhare rys. Ons is gewaarsku: met sy sowat 400 draaitjies is dit Réunion se skouspelagtigste pad – een wat van die kus af opkrul tot die dorpie Cilaos in die binneland se heuwels. Goeiste! Dis angswekkend! Ek is heimlik dankbaar ek bestuur nie.

Ek en die fotograaf Shaen Adey is op pad na die beginpunt van die Grand Randonnée Route 1 (GR R1). Dis ’n sirkelstaproete wat rondom Réunion se hoogste bergspits – die 3 070 m hoë Piton des Neiges (oftewel Sneeuspits) – krul.

Dié veeldagroete staan ook bekend as die Tour de Piton des Neiges of Tour des Cirques. Dit strek deur drie valleie – Cilaos, Mafate en Salazie – wat saam die “hart” van Réunion vorm. Die streek is beroemd vir sy ongeewenaarde natuurskoon en is daarom ’n Unesco-Wêrelderfenisgebied.

Réunion is ’n administratiewe gebied van Frankryk, en hoewel dit skaars 226 km suidwes van Mauritius lê, moet ’n mens nie ’n tropiese Indiese Oseaan-eiland te wagte wees nie. Toegegee, hier is strande vir sonbaai, eksotiese plantegroei, strandmere en ’n rits geleenthede vir watersport wat nie by sy buurman s’n afsteek nie.

Maar met ’n aktiewe vulkaan, bergagtige binneland, diepe klowe en aktiwiteite wat die adrenalien by jou ore sal laat uitborrel, is Réunion ’n bestemming vir avontuursoekers.

Die magdom staproetes maak die eiland ook ’n gewilde bestemming onder stappers. Die Franse het in 2019 die GR R1 as die mooiste staproete aangewys. En dít dra gewig as jy die gewildheid én skoonheid van Frankryk se eie staproetes in gedagte hou. Ja-nee, die GR R1 onttroon glo selfs die Tour du Mont Blanc, die Grande Traversée des Pyrénées en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related