Weg!

Ja vir die Himalajas

Watter roetes het jy gestap? Die eerste roete was die Annapurnasirkelroete in 1998 (260 km, 18 dae); ’n dekade later stap ek na die Gokyo Ri-spits (5 483 m) in die Everestnasionale park (150 km, 10 dae); en in 2017 na die Laer-Mustanggebied en weer dele van die Annapurna-sirkelroete (170 km, 10 dae). In 2018 volg ek ’n ander roete in die Gokyo Ri-omgewing (200 km, 12 dae); en vanjaar stap ek die Langtang-roete en dele van die Tamangerfenisroete (200 km, 12 dae).

My dag verloop gewoonlik só: Staan om 6 vm. op, eet brood en tee, begin stap om 7 vm., stap vir tussen 3 en 5 uur tot op ’n dorpie. Daar kies ek ’n teehuis en ’n kamer en ontspan die res van die dag – stort, knip ’n uiltjie, loop rond, eet, gesels en lees.

Hoekom Nepal? Dis bekostigbaar – dit kos minder as R400 p.p.p.d. – en die berge is ongelooflik. Dié klein land huisves 8 van die wêreld se 14 spitse hoër as 8 000 m. Die mense is net so spesiaal: Binne net twee weke se stap ervaar jy ’n klomp verskillende etniese groepe, gelowe en boustyle. Die geriewe is uitstekend.

Elke paar kilometer is daar ’n dorpie waar jy in ’n teehuis kan oornag; dus hoef jy nie ’n tent, matras, stofie of kos te dra nie. Daarby is Nepal ’n veilige land.

En die beste van alles? Jy kry ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related