Weg!

DIE HALFWEGPAS

Die Van Reenenpas was eens ’n roete waarmee boere met hulle vee in die winter van die Vrystaatse hoëveld na die groener weiveld van KwaZulu-Natal getrek het. Later jare het Frans van Reenen, wat aan die voet van die pas geboer het, op dieselfde roete met ossewaens gery om voorraad na die goudmyne op die Hoëveld te vervoer.

In 1891 is dié ossewaspore deur treinspore vervang. Die dorpie Van Reenen, genoem na Frans, is toe gebore, en in 1892 die hotel. ’n Halfeeu later – in 1948 – is die hotel tot die Green Lantern herdoop. Dis na aanleiding van ’n groen lig wat in die mis geskyn en aan reisigers gewys het hulle het dit tot bo gemaak; en dat hulle ’n drankie in die hotel moes kom drink.

Deesdae is die pad geteer en deel van die N3-hoofweg. Die pad skuur rakelings verby die dorpies Van Reenen en Swinburne. Maar net omdat die pad verby hou, beteken nie jy moet nie. Trek gerus af en laat dié pas en sy mense die pas aangee vir die res van jou vakansie.

1 ’n Gas by ‘Fawlty Towers’

Wanneer jy by die Green Lantern Inn instap, voel dit asof jy op die stel is van Fawlty Towers, die Britse komedie wat baie gewild was in die 1970’s. Hierin moes ’n koppige hoteleienaar die een krisis na die ander afweer. Daar is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related