Weg!

Dit kook in Soedan!

Ons het gerugte gehoor dat die grens tussen Egipte en Soedan gesluit is weens betogings in Khartoem, maar ons het in elk geval van Abu Simbel in Egipte af vertrek in die hoop dat alles mooi sal uitwerk. In Abu Simbel het ons ’n tussenganger gewerf om ons te help om deur die doeane te kom.

’n Veerboot het ons van Egipte af oor die Aswandam na Soedan vervoer. Dit het twee uur geneem, maar dit was lekker om op die water te wees en terug te kyk oor die woestyn. Aan die ander kant het ons aan land gegaan en met ons Toyota Hilux-dubbelkajuit 35 km woestyn-in gery totdat ons ’n grenspos in die middel van nêrens opgespoor het.

Alles het sonder haakplek verloop. Die doeanebeamptes het gesoek na alkohol (Soedan is ’n Moslemland), maar ons het stelselmatig reeds al ons mini-bottels weggeslaan. Die beamptes was meer bekommerd oor die 1200 Soedannese beeste in 60 lorries wat op pad was na Egipte! Ons is sonder voorval deur albei punte en binne ses uur was ons in Soedan. >

Die wilde noorde

Ons eerste stop was ’n grensdorpie genaamd Wadi Halfa, die tuiste van ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related