Weg!

Een voet voor die (ver)ander

DANIA PETRIK

deeltydse stapgids, klimaatsveranderingskonsultant en medestigter van die webwerf Hiking South Africa

@daniapea

Wanneer het jy begin stap? My ouers is kranige stappers. Voordat ek nog tien jaar oud was, het ek reeds saam met hulle die Harkerville-, die Otter- en twee keer die Groot-Winterhoekroete gestap. Ons het ook gereeld dagstappe gedoen en in die veld gekamp. (Deesdae moet kinders ten minste 12 jaar oud wees om die Otter te stap. – Red.)

En ná dit alles is jy steeds lus vir stap? Absoluut! Dis een van die toeganklikste sportsoorte – jy’ t slegs twee bene en die regte ingesteldheid nodig. Daar’s ’n vreedsaamheid wat ’n mens slegs ervaar wanneer jy tyd in die natuur deurbring. Dit gee my ook groot genoegdoening – die besef dat dit geen ander “voertuig” as jou eie liggaam is wat jou na dié mees geheime, ongeskonde plekke neem.

Elke staproete het sy eie wonders. Maar dit hang af wat jy daarvan maak: Die groep saam met wie jy stap, of jy bereid is om ’n ruk te talm en die blommetjies, diere, voëls, sterre, swemgate en landskappe te waardeer…

Daar’s een staptog in besonder wat ek nooit sal vergeet nie: In 2014 het ek Noorweë se hoogste piek, Galdhøpiggen (2 469 m), uitgeklim. Voor dit het ek nog nooit in sneeu gestap nie en dit was ongelooflik moeilik! Maar die beloning was groot en ek het ook daardie dag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg1 min read
Namibië Op Sy Beste
Ek en my dogter Bella het vroeg vir ’n mokororit opgedaag, en dit het begin motreën. Maar dit was somer in Namibië en die reënbuie hou gou op. Daarby het die roeigids Evans Sikabongo twee sambrele saamgebring. Ons was skaars twee minute op die rivier
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor

Related