Weg!

Ja, jy kán stap én smul!

ONTBYT

Hawermout met chiasaadjies

Kitshawermout is ’n ontbytstaatmaker wanneer jy meer as een dag lank stap. Maak dié maklike weergawe reeds die aand voor die tyd, dan kan jy met eerste lig net ’n koffietjie maak en in die pad val.

Vir 1

Voorbereiding 5 minute, plus staantyd

Jy benodig

• 125 ml kitshawermout
• 15 ml chiasaadjies
• 125 ml swart rooibostee, versoet na smaak (of appelsap)
• 50-100g trail mix met gedroogte vrugte, neute en sade
• ’n vars nartjie, piesang of appel (opsioneel)
• heuning na smaak

Só maak jy

1 Skud die hawermout en chia in ’n beker uit en giet die tee of sap bo-oor. Laat dit oornag staan met jou blikbord as deksel bo-op.

2 Meng die volgende oggend die trail mix by die pap, sny die vrug by en versoet met ’n bietjie heuning as jy dit so verkies.

Jy kan die droë bestanddele van jou ontbytpakkies reeds vooraf

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die Suide
Die Garub-watergat langs die B4, sowat 20 km wes van Aus, is die beste plek om dié perde te sien. Jy kan die Bogenfels net op ’n amptelike Sperrgebiettoer van Lüderitz af besoek. Jy voel so groot soos ’n mier as jy aan die voet van dié enorme rotsboo
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related