Weg!

Stap sonder sukkel

OYSTERCATCHER-ROETE

4 DAE, 54 KM (2- EN 3-DAG-OPSIES OOK BESKIKBAAR)

Dié luilekker stap wat by Danabaai (wes van Mosselbaai) begin en by die Gouritzriviermonding eindig, lê besaai met paleoantropologiese (oermensgoete, man) ontdekkings.

Dis ’n skilderagtige roete oor oranje seekranse langs, deur plate kusfynbos en oor strande waar ’n verskeidenheid seediere en voëlspesies hulle opwagting maak.

Langs die pad kom stappers meer te wete oor die swarttobie (die voëltjie wat die roete sy naam gee) se verblydende aanwas nadat dit eens hoogs bedreig was, jy bekyk die gediertetjies wat in rotspoele wegkruip, oes slenter-slenter uit die see se spens – net soos die mense wat derduisende jare gelede hier langs die Suid-Kaapse kus gebly het – en sien boonop die oorblyfsels van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg3 min read
Windhoek
Die Oshetu-gemeenskapsmark met sy open-wakker atmosfeer (en heerlike kos!) staan onder die locals as “Single Quarters” bekend. Die naam is afkomstig van die woonstelblok vir kontrakwerkers wat in die apartheidsjare op dié perseel gestaan het. Deesdae
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do

Related