SARIE KOS

EIERS dís nou kos!

Eiers en cholesterol? Daai ou debat is mos lankal bygelê. Dieet-cholesterol, soos dié in eiers, kan nie aan hartsiekte gekoppel word nie. Punt.

Selfs Amerika se top-advieskomitee oor dieetriglyne, die DGAC, het vir 2015-’20 sy waarskuwing oor kosse hoog in cholesterol laat vaar. Talle wetenskaplike studies het immers bevind kosse hoog in cholesterol kan nie cholesterolvlakke by gesonde mense beïnvloed en/of die risiko vir hartsiektes beduidend verhoog nie, volgens Madeleine de Villiers, dieetkundige konsultant vir die SA Pluimveevereniging (SAPA).

Onlangs het dit gelyk of die debat weer gaan vlamvat, nadat ’n groot Amerikaanse studie gewys het volwassenes wat meer eiers en dieet-cholesterol inneem, het ’n beduidend hoër risiko vir hartvatsiekte en dood aan enige oorsaak. Verskeie navorsers het egter water op daardie vuurtjie gegooi en die studie se beperkings uitgewys. Hulle het benadruk dit moet gesien word teen die agtergrond van talle studies wat die teenoorgestelde bevind het. Teenstellende bevindings is boonop nie ongewoon nie, dis deel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
Allawêreld! Afrika
Hoe Amarula een van die wêreld se gewildste roomlikeurs geword het.” Die opskrif van ’n artikel in die Amerikaanse finansiële tydskrif Forbes. En verder word geskryf: “Die prominente olifant op die etiket is net so herkenbaar op die rak agter ’n kroe
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE

Related