SA Hunter/Jagter

WOODLEIGH – gebore uit nood

Die Australiese koeëlvervaardiger, Woodleigh het sekerlik geen bekendstelling aan Suid-Afrikaanse grootkaliber-entoesiaste nodig nie. Woodleigh spesialiseer reeds vir dekades in die vervaardiging van goeie sagteneus- sowel as volmantelkoeëls vir gebruik in ’n wye reeks kalibers. Baie van hierdie kalibers is vir jare al uit produksie en dit is danksy ’n handjievol entoesiaste wêreldwyd en ’n vervaardiger soos Woodleigh dat hierdie ou gewere steeds aktief in die jagveld kan wees.

Ten einde die ontstaan en voortbestaan van Woodleigh in perspektief te plaas, is ’n kort geskiedenislessie noodsaaklik. Brittanje was ekonomies op sy knieë na die Tweede Wêreldoorlog en baie van sy kolonies was in die proses om onafhanklikheid te vra of dit sommer net te vat, soos wat wel gebeur het. Bekende Britse geweermakers, waaronder Holland & Holland, Purdey, Westley Richards, Lancaster, Rigby en andere, was tot en met die uitbreek van die oorlog in 1939 tot ’n baie groot mate aangewese op ryk Indiese kliënte vir hulle voortbestaan.

Met geld geen faktor nie het van hierdie kliënte nie geskroom om die duurste gewere met gravering, goudinleg en pragtige hout by die Britse geweermakers te bestel nie. Indië was ook in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter6 min read
My 6.5 MANNLICHERSCHOENAUER story
In our ever-present chase for things newer and better, are we replacing the quality of old with the technology of new? Does “replaced” necessarily mean “replaceable”? The year: 2016 The place: Johannesburg The timing: Perfect Cases: None available St
SA Hunter/Jagter1 min read
SA Hunter/Jagter
TYDSKRIF-NAVRAE 084 554 0611 (kantoorure) WEBTUISTE www.sajagterhunter.com LEDE-NAVRAE 012 808 9300/082 848 8547 REDAKSIE REDAKTEUR Johan van Wyk PRODUKSIEREDAKTEUR Elfriede Ainslie (Taalversorging)elfriede@sahunter.orgKUNSREDAKTEU
SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafelf Patroondoppe – Deel II
Die doel van hierdie reeks intreebesprekings oor die herlaai van patrone is om konsepte eerder as tegnieke te bespreek. Soos genoem in die vorige artikel, word drie tegnieke normaalweg gebruik om dopeenvormigheid te bepaal, naamlik volgens: • nekwand

Related