Idees

SPEEL-SPEEL

Retro-ouma-uitkloktop

’n Bietjie retro en sommer baie oulik. Net reg saam met haar uitrusting op ’n winderige lentedag. Belê in die pragtige Suid-Afrikaanse handgeverfde sokkiebreidraad wat te kry is om hierdie fraai uitkloktop te hekel.

MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik

TYD: ’n dag of twee

GROOTTE Pas vir ’n peuter van 12-24 maande oud.

JY BENODIG ♥ HOOFKLEUR:

100 g Hedgehog Fibres Sock Yarn in Bee’s Knees (of wees op die uitkyk vir die lieflike handgekleurde breidrade van ons wonderlike Suid- Afrikaanse kleurders!)

RESBIETJIES:

A: Karoo Moon - ligpienk sokkiebreidraad

B: Miss La Motte - geel sokkiebreidraad

C: Quenti Alpaca - swart dubbelbreidraad

D: Karoo Moon - mosterd merino lace

♥ 3,5 mm-hekelpen

♥ tapisserienaald

AFKORTINGS

beg - begin

dies - dieselfde

gls - glipsteek

gr(e) - groep(e)

her - herhaal

hlb - halwe langbeen

ks - kettingsteek

lb - langbeen

rdte - rondte

sp - spasie

st(e) - steek(steke)

vermeer - vermeerder(ing)

(2 lb, ks 1, 2 lb)

vlg - volgende

SO HEKEL JY

Die top word van bo na onder gehekel. Die skouerstuk word heen en weer gehekel en die lyfgedeelte en moue in rondtes. Daar is ’n opening aan die agterkant van die skouerstuk sodat dit makliker is om die top aan en uit te trek. Knoop dit toe met ’n strik aan die agterkant. Hekel 78 ks met 3,5 mm-hekelpen en hoofkleur.

Lb in 3e ks van hekelpen, lb in dies ks, slaan 2 ks oor, *3 lb in vlg ks, slaan 2 ks oor*, her van * tot * nog 2 keer,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu
Idees1 min read
Sag In Linne
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag ♥ patroon op bladsy 94 ♥ 2,5 m linnemateriaal ♥ 1,5 m teenstellende skuinsband van 25 mm ♥ aanstryktussenvoering vir die kraag en belegsels ♥ bypassende masjiengare ♥ 1 knoop 1 Teken die patroon op bladsy 94 op