Idees

Slaap boheems

Matras

Die geborduurde materiaal maak van dié matrasoortreksel iets besonders.

MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld

TYD: 4 uur

VOLTOOIDE GROOTTE: Pas op ’n dubbelbed.

JY BENODIG

♥ 2 x stukke linne van 201 x 15 cm
♥ 1 x stuk geborduurde materiaal van 201 x 126 cm
♥ 1 x stuk linne van 191 x 140 cm
♥ bypassende stoffeergare
♥ swaardiens-ritssluiter van 137 cm
♥ 188 x 137 x 5 cm hoëdigtheidspons

LET WEL Alle naattoelatings is 1,5 cm.

SO MAAK JY

1 Om die bokantpaneel van die matrasoortreksel te maak, speld en stik die twee 15 cm-breë stroke linne aan weerskante van die geborduurde materiaal vas. Pars en kap die twee nate om.

2 Knip ’n vierkant materiaal van 5 x 5 cm uit by elk van die vier hoeke van die bokantpaneel. Kap die rande om van elk van die regte hoeke waar die vierkante uitgeknip is. Vou een van die hoeke skuins oor met die regte kante teen mekaar, sodat die omgekapte rande bymekaarkom. Stik die naat, maar stop 1,5 cm van die onderrand om ’n toe hoek te vorm. Stik die ander hoeke ook so.

Kap een van die kort

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu
Idees1 min read
Sag In Linne
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag ♥ patroon op bladsy 94 ♥ 2,5 m linnemateriaal ♥ 1,5 m teenstellende skuinsband van 25 mm ♥ aanstryktussenvoering vir die kraag en belegsels ♥ bypassende masjiengare ♥ 1 knoop 1 Teken die patroon op bladsy 94 op