Weg! Ry & Sleep

’n Jaar se kampplanne

Hier trek ons al in Maart, al voel dit of ons net nou die dag vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens het. Die werklikheid is egter dat die Paasnaweek om die draai is, en daarna breek die wintervakansie aan... met die kort vakansie tussen die kinders se derde en vierde kwartaal kort op sy hakke. En dan is die Desembervakansie helaas weer op ons. ’n Mens moet nooit die tyd omwens nie, en daarom het ons vir elk van dié tye vir jou vyf ordentlike kampplekke gekies waar jy saam met jou mense kan gaan uitspan en uitrus.

Paasnaweek

ALMEGA-WOONWAPARK, HAMMANSKRAAL

Direk oorkant die pad van die Dinokengreservaat ontwikkel André Geyser sy Almega-woonwapark op 200ha omheinde grond wat deels aan die reservaat grens.

Elkeen van die ablusieblokke is ’n vierkantige huisie met vier badkamers. Jy kamp langs jou eie badkamer, op ’n lieflike grasperk. Elke badkamer het ’n ruim stort, toilet en wasbak asook ’n blad waar Ma haar mooimaakgoed langs twee 220V-huisproppe kan neersit. Buite jou badkamer is ’n dubbelwasbak vir die skottelgoed asook ’n blou woonwasok. Buiten jou eie badkamer het jy ook jou eie braaiplek, én die kampplek het heelwat koeltebome.

Vir die kinders is hier onder meer ’n klimraam, swaaie en ’n sandput. Die kampplek is op ’n omheinde stuk grond van 2 ha, en hier is ’n unieke swembad – in die vorm van ’n kitaar. Die bak van die kitaar is die diep kant en die nek ’n voor wat vlakker loop tot by die kop, waar die kleintjies kan plas. Die swembad is 75 m van die naaste staanplekke af.

Kortliks | Almegawoonwapark

Kampplek 40 staanplekke met krag en ’n vullisdrom, braaier, gras en koelte.

Ablusiegeriewe Jou eie klein badkamer en opwasplek wat daagliks skoongemaak word.

Prys R350-R600 p.d. per staanplek vir 4 mense afhangend van wanneer jy kamp. Daarna R75 p.p.p.d. (gratis vir o.2’s). Maksimum 8 mense per staanplek.

Aankoms- en vertrektyd 12:00 en 10:00 in besige tye.

Kontak 082 452 0268 of 082 420 3488 almegakamp.co.za admin@almegakamp.co.za

Naaste dorp Hammanskraal 11km.

Hoe lyk die pad? Teerpad tot by die hek en goeie grondpaaie in die oord.

GPS S25.339759 E28.385342

Ry & Sleep As jy lugreëling in jou woonwa gebruik, betaal jy R50 p.d. ekstra.

DUBE- PRIVATE NATUURRESERVAAT, BRITS

Dube is een van die gewildste kampplekke naby Brits, en die eienaar, Gert Scheepers, het die staanplekke uitgebrei en van 120 tot 200 vermeerder.

Die nuwe staanplekke het, net soos die oues, almal krag en water. Hy is ook stelselmatig besig om die gewone kragsokke met blou woonwasokke te vervang. Hier is verder warm en koue swembaddens, ’n 6km lange staproete, ’n trampolien en ’n dam waar jy karp, kurper en baber kan uittrek (jy moet die vis teruggooi). Hier is jy in die Bosveld en die bome groei nie baie hoog nie. Bring maar ’n silwer seiltjie saam as jy in die somer kom kamp.

Hier is ook meer as 200 voëlspesies, en in die somermaande is hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related