Weg! Ry & Sleep

80 jaar van veldry

Ons fokus hier slegs op die groot geeste onder viertreksportnutse, omdat dit haas onmoontlik is om élke veldryvoertuig te noem.

Dit beteken uiteraard ons moes ’n keuse maak en ’n klompie uitlaat.

Jammer aan die eienaars van die Fiat Panda en Volkswagen Amarok!

DIE JARE VEERTIG

Die vroeë jare veertig word oorheers deur die Tweede Wêreldoorlog, maar in dié tyd raak die persoonlike veldryvoertuig en 4x4 gewild as ’n stokperdjie.

Toe die Amerikaanse weermag met die uitbreek van die oorlog sien die Britse leër gebruik ’n piepklein tweewielaangedrewe Austin 7 vir verkenningswerk, het hulle dadelik opdrag gegee vir die ontwikkeling van ’n soortgelyke voertuig vir militêre gebruik: die Jeep.

1940 Werk aan die Bantam BRC begin op 17 Julie 1940. Dit neem die ontwerper Karl Probst slegs twee dae om die BRC op papier te kry, en ’n werkende prototipe word binne 49 dae aan die Amerikaanse leër oorhandig. Bantam se beskeie aanleg is ongelukkig nie in staat om die eerste bestelling van 3 500 BRC’s op sy eie te vervaardig nie en die Willys-Overland- en Ford-motormaatskappy word gevra om elk ’n derde van die bestelling te lewer.

Die Bantam BRC (Blitz Buggy), Willys MA (Quad) en Ford GP (Pygmy) ry in 1941 in Europa aan wal en die soldate se versamelnaam vir dié kordater veldryvoertuie is Jeep. Die oorsprong vir die naam is onduidelik; sommige geskiedkundiges beweer dit kom uit die GP van Ford se karretjie en ander glo dis gegrond op die strokieskarakter Eugene the Jeep.

Volgens genl. Eisenhower is die “Jeep” een van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die