Weg! Ry & Sleep

Kamp in ’n vallei vol vrede

Slanghoek lê sentraal tussen Ceres, Wellington en Worcester, en jy kamp hier tussen wingerde en vrugtebome. Jy staan op welige groen gras, onder koeltebome en langs ’n stroom waarin die takke van wilgerbome rustig heen en weer wieg in die kabbelende water.

Saans hoor jy paddas kwaak en voëls en insekte is volop – pak dus jou gidsboeke, insekweerder en stapskoene in, want langs die Slanghoekstroom gaan jy heerlik kamp en die wêreld verken.

Die oord is net meer as ’n uur se ry uit Kaapstad. Ná die Hugenotetonnel draai jy af van die N1 op die R101 na Rawsonville. Kort daarna gaan jy wéér links draai by die padaanwyser na die Slanghoekvallei, en vir die volgende 10 km ry jy al kronkelend op die teerpad verby Goudini-spa, Jason’s Hill en die Slanghoek-wynkelder tot by die bordjie vir Slanghoek. Jy draai regs en parkeer by die hoofingang, wat so te sê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related