Weg! Ry & Sleep

Elektriese bostrok? Skokkend, man!

Elektriese voertuie is ons voorland, daarmee kan jy maar vir lief neem. Presies hoe ver dit in die toekoms lê, is egter ’n ope vraag, maar dis nader as wat jy dink.

Gaan die jong Sweedse aktivis Greta Thunberg jou dieselbakkie se sleutels by jou afvat terwyl sy “Hoe durf jy!” skree? Gaan jy ’n 100 km lange verlengkoord moet saamry om jou elektriese veldvoertuig in Kaokoland te herlaai?

Ons het die laaste deel van Generation.e se 2019-EVRT-toer tussen Johannesburg en Kaapstad bygewoon (EVRT staan vir “Electric Vehicle Road Trip”). Ons kon in verskeie elektriese voertuie rondrits, verskillende kragsokke en -proppe bekyk én ’n paar kwelvrae aan kenners stel. Verskeie elektriese voertuie het die afstand afgelê en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Blinknuwe Ford
Die nuwe Ford Territory is op 4 Mei vanjaar bekend gestel. Die nuweling word aangedryf deur ’n 1,8 ℓ-EcoBoost-enjin wat 138 kW en 318 Nm lewer en kom ook met nuwe selfaan-en-afskakel-tegnologie wat brandstofverbruik verlaag. Die enjin is gekoppel aan
Weg: Ry & Sleep2 min read
Die Rustigheid Van Ruah
Ons probeer om minstens elke twee maande te gaan kamp en het ’n lys van kampplekke wat binne drie uur se ry van die huis af is. Ons het dus min oortuiging nodig om ons Howling Moon-tent in die Renault Duster te laai en vir ’n naweek in die pad te val
Weg: Ry & Sleep11 min read
Kampsonderend
Wanneer kampeerders op ’n doodgewone naweek – boonop buite seisoen – opruk na ’n kampplek toe, moet jy weet daar steek meer in die plek as net kamp. Hier op Greyton is jy skaars ’n uur en ’n half se ry van Kaapstad af, maar die omgewing lyk dramaties