Weg! Ry & Sleep

Die vriendelike warm suide

Wanneer ’n mens sê jy gaan Mosambiek toe, waarsku vriende en familie jou gewoonlik teen siklone, rebelle, oorstromings, malaria en korrupsie. Natuurlik het hulle gelyk: ’n Mens móét waak teen al hierdie elemente, maar in die suide van die land kry ’n mens minder daarmee te doen.

Die siklone kom meestal in die noorde voor (waar die rebelle woon); daar was in 2000 laas oorstromings in die suide; en die stryd teen malaria vorder goed. Maar hou tog maar die weerberig dop vóórdat jy na Mosambiek reis. En hoewel heelwat Suid-Afrikaners wat gereeld hier vakansie hou, sê hulle sluk nié malariapille nie, moedig ons jou ten sterkste aan om tóg maar medikasie te neem – veral kinders, en ongeag die seisoen.

Wat korrupsie betref, kan ons in alle eerlikheid sê op ons jongste besoek aan Mosambiek het ons glad nie met die owerhede gesukkel nie. Hulle was deurentyd vriendelik en professioneel – sommige polisiemanne kan selfs Afrikaans praat en hulle sal jou grootgeestig berispe as jy nie ’n paar Portugese frases geleer het nie.

Al die Suid-Afrikaners met wie ons gesels het in die oorde, is dit eens dat Mosambiek veilig en vriendelik is.

Laai dus jou bakkie, haak jou wa en mik ooswaarts.

MONTEGO-OORD, PRAIA DO XAI-XAI

Koel komkommer by die see

Die Montego-oord lê teenaan die Indiese Oseaan en vorm deel van die Praia do Xai-Xai-strandoordgemeenskap.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related