Weg! Ry & Sleep

In geval van nood...

Ons was almal al in ’n situasie waar jy die veiligheidsgordel moet losknip, jou moue oprol en uitklim om iets reg te maak wat langs die pad onklaar geraak het. Of dalk het jy iemand gebel om na jou toe te ry om die probleem namens jou op te los.

Maar hoe gemaak as julle regtig in die middel van nêrens is en iemand in die konvooi se voertuig slaan aan die brand of moet tot by die naaste motorwerktuigkundige gesleep word? Ons het hierdie lys van items saamgestel wat jou in die meeste gevalle sal help.

PRO-QUIP JERRYKANTUIT

Skink ’n ietsie

As jou toertrokkie nie met ’n tweede brandstoftenk toegerus is nie, moet jy seker maak jy neem genoeg jerrykanne saam. Hierdie tuit het ’n metaalbasis wat swaar in jou hand lê en ’n buigsame plastiektuit aan sy voorkant om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die