Weg! Ry & Sleep

Manewales by Monateng

Die Monateng-lodge-en-woonwapark noord van Pretoria lê reg langs die Dinokeng-wildreservaat. Dis boonop net ’n halfuur se ry uit die stad, wat beteken jy is binne ’n oogwink daar met jou kamp opgeslaan, reg vir jou naweekruskans.

En met alles wat hier te doen en sien is, gaan jy beslis nie sukkel met ’n klomp verveelde kinders wat heeldag by jou staanplek rondhang nie.

Die grasbedekte speelgebied is net-net kleiner as ’n rugbyveld en lê langs die luukse staanplekke. ’n Groot waterwurm troon bo die horison uit – as die kamp nie besig is nie, gewoonlik buite spitstyd, is die wurm gesluit, maar die oordmense sal kom oopmaak as jy ’n spannetjie van 15 of meer bymekaar kan kry wat wil gly. Die water van die twee swembaddens – ’n grote en ’n kleintjie – word nie verhit nie, en daarom sal lyfnatmaak in die wintermaande

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Laat Die Vonke Spat!
Opel het onlangs uit Rüsselsheim, Duitsland, aangekondig die nuwe Opel Frontera is op pad na Suid-Afrika – ons kan hom vroeg in 2025 verwag. Die Frontera spog met die vervaardiger se nuwe blits-embleem, wat heel gepas is omdat die Frontera van meet a
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep2 min read
Die Rustigheid Van Ruah
Ons probeer om minstens elke twee maande te gaan kamp en het ’n lys van kampplekke wat binne drie uur se ry van die huis af is. Ons het dus min oortuiging nodig om ons Howling Moon-tent in die Renault Duster te laai en vir ’n naweek in die pad te val

Related