Weg! Ry & Sleep

4 dae langs die Molopo

Wanneer jy uit Gauteng na die Kgalagadi-oorgrenspark en Richtersveld reis, neem jy waarskynlik die pylreguit N14-snelweg deur die Suid-Kalahari. Daar is egter ’n alternatief vir dié eentonige teerpad: ’n grondpad wat die loop van die Moloporivier volg en weinig verkeer sien.

Dié rivier is effens raaiselagtig, want niemand is presies seker waar sy bron is, wanneer laas hy in volle vloed was en hoe oud hy is nie. Geoloë vermoed die Moloporivier soos ons hom vandag ken, is in geografieterme betreklik jonk. By een van sy moontlike bronne loop hy lekker sterk en dan kwyn hy skielik in ’n pol riete. ’n Paar honderd kilometer verder kronkel sy droë loop deur ’n diep ravyn wat net deur ’n reuserivier gevorm kon wees – iets wat die Molopo beslis nie is nie. Op een kol verdwyn die Molopo en word ’n droë loop op ’n vlakte langs ’n Kalahari-duineveld... maar net ’n paar kilometer verder steek die rivier weer sy kop tussen golwende klipkoppies uit.

Ons het langs dié ontwykende en geheimsinnige rivier gaan ry om te kyk of ons kan sin maak.

DIE ROETE BEGIN by Lichtenburg in Noordwes. Hier is ’n klompie fonteine op én rondom die dorp, en enigeen (of almal) van hulle kan die bron van die Moloporivier wees. Die rivier loop meestal ondergronds en wys net hier en daar gesig.

Neem die R505-streekpad noordwaarts

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep2 min read
Die Rustigheid Van Ruah
Ons probeer om minstens elke twee maande te gaan kamp en het ’n lys van kampplekke wat binne drie uur se ry van die huis af is. Ons het dus min oortuiging nodig om ons Howling Moon-tent in die Renault Duster te laai en vir ’n naweek in die pad te val
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related