Tuis

Proe die see

Gerooktesalm-patee

Dié luukse voorgereg is in ’n kits klaar. Ek koop die bevrore afvalstukkies gerookte salm by my supermark – dis baie meer ekonomies as die linte en net so heerlik.

Genoeg vir 4 as voorgereg  Bereidingstyd: 5 minute

 200g gerookte salm of forel, fyngekap
 sap en fyngerasperde skil van 1 klein suurlemoen
 30ml klein kappertjiesade
 ½ klein ui of salot, baie fyn gekap
 2 eetlepels fyngekapte dille- of vinkelblaartjies
 230ml (1 houertjie) mediumvet-roomkaas
 ’n knippie sout en witpeper

Geur die vis met suurlemoensap en -skil. Meng dit dan saam met die kappertjiesaad, ui en kruie deur die roomkaas en geur na smaak met sout en witpeper. Skep in ’n mooi bakkie en sit voor met vars brood, bruschetta of melba-roosterbrood.

Laksa-noedels

Vir hierdie blitsvinnige ete kan jy eier- of glasnoedels saam met die roerbraai gebruik.

Genoeg vir 4  Bereidingstyd: 15 minute  Gaarmaaktyd: 10 minute

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis5 min read
Dis ons 20ste verjaardag!
Anneke Blaise was Tuis|Home se eerste redakteur en het die tydskrif gevestig as die eerste keuse van die land se tuin- en dekorentoesiaste. Toe Anneke in 2014 ná ’n kort siekbed oorlede is, het die huidige redakteur, Wicus Pretorius, oorgeneem. Tuis|

Related