Weg! Platteland

OHRIGSTAD Vallei van die saamstaners

Geloof en humor. Dít is wat jy volgens ou Ohrigstadters nodig het om in die vallei te floreer. Skaars 48 km noord van Lydenburg, net oor Limpopo se grens en in die hart van in ’n groot boerderygemeenskap, lê dié bosvelddorpie.

Ohrigstad is in 1845 gestig deur ’n groep Voortrekkers onder die aanvoering van Andries Hendrik Potgieter. Aanvanklik is die plek Andries Orieg Stad genoem, maar vandag dra dit die naam van ’n Nederlandse handelaar wat met die stigting gehelp het. “Maar Gregorius Ohrig se rol was uiteindelik nie te groot nie,” sê Jan Ferreira, ’n geskiedeniskenner van die vallei.

‘Ons sê gereeld in dié wêreld is ’n goeie buurman baie meer werd as ’n goeie vrou. Dit is taamlik maklik om ’n ander vrou te kry, maar dis byna onmoontlik om ’n ander buurman te vind.’

Jan, wat in dié wêreld grootgeword het, boer vandag met macadamias, saadmielies, saadbone en patats. “My voorsaat het saam met die Voortrekkers Ohrigstad toe gekom. Ons is ’n paar families wat al van daai tyd af hier is.”

Sy vrou, Ronnie, het eers later aangeland. Sy het in 1973 begin skoolhou by die Laerskool

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related