Weg! Platteland

Kweek én eet jou eie vis

Net ’n paar jaar gelede sou dit nog ondenkbaar wees om visse op jou erf aan te hou en, erger nog, vir die pot te kweek. Maar namate ons meer bewus geraak het van klimaatsverandering en met die groeiende tendens om te weet waar jou vleis vandaan kom – selfs wat die diere geëet het; dink maar aan woorde soos grass-fed, free range, pasture-raised en grain-fed wat deesdae op vleisverpakkings verskyn – is dit glad nie meer so vreemd om oor jou eie voorraad vars, tuisgekweekte vis te fantaseer nie.

Henk Stander, hoof-tegniese akwakultuurbeampte van die Universiteit van Stellenbosch, sê vis se reputasie as ’n proteïenbron wat veel gesonder is as rooivleis, speel ’n belangrike rol in die groeiende gewildheid van akwakultuur.

“Jy kan vis se gewildheid én skaarsheid sien aan die pryse op restaurantspyskaarte. In die verlede was vis die voorgereg en rooivleis die hoofgereg, maar deesdae is vis al hoe meer as hoofgereg beskikbaar én dis baiekeer duurder as die rooivleisgeregte,” sê hy.

Henk, wat ook ondervoorsitter is van die Akwakultuurvereniging van Suider-Afrika, sê tuisgekweekte varswatervis is nie net ’n goeie en goedkoop bron van proteïen nie, maar ook veel meer omgewingsvriendelik as om wilde seevis te eet. “Om ons mariene bronne volhoubaar te hou behoort ons jaarliks nie meer as 110 miljoen ton vis (skulp-en vinvis) uit die see

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related