MATATIELE Die wandelende dorp
![f0024-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5ytyr13urk7o0vh6/images/fileW2QMCL03.jpg)
![f0026-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5ytyr13urk7o0vh6/images/file5G7B23CK.jpg)
Matatiele, vermoed ’n mens wanneer jy die boomryke hoofstraat uit Maclear en Mount Fletcher se koers binnery, is ’n sonderlinge dorp. Die eerste spesmaas kry jy wanneer jy digby die Katolieke kerk links kyk en op die sypaadjie ’n jong vrou in ’n gewaad sien: blou en wit en blink en wapperend. Oor haar een skouer dartel ’n palmhandsakkie aan ’n lang goue kettinkie, en in die ander hand vertroetel sy ’n skelrooi stokkielekker. Soos ’n engel paradeer sy, stadig en fier en regop met die wit sluier wat langsaam in die vars oggendlug agterna sweef.
Dit is pensioenuitbetalingsdag en uit Area C, die dorp se een township, stroom mense na die middedorp toe. Maar die 15-jarige Dimpho Puling is nié op pad winkels toe nie. Sy gaan haar aansluit by The Group of Holy Mary waarvan sy lid is, want hulle gaan vandag siek mense besoek, vir hulle sing, vir hulle bid…
Die hoofstraat lyk rustig. En, ja, groen en lowerryk, al is die wêreld volgens die inwoners dróóg. Buiten die Pick n Pay en ’n vulstasie of wat is hier nie eintlik ander besighede in die hoofstraat nie. Dié vreedsaamheid is wat reisigers sien as hulle die R56 – die “kortste en skilderagtigste roete tussen Durban en Kaapstad” – neem. As jy die hárt van Matat wil sien, draai af en mik na een van die vyf strate wat noord van die hoofstraat parallel daaraan loop.
Hier word jy begroet deur winkels en advertensieborde en motors en taxi’s en sleepwaens en smouse en kragopwekkers (ai, Eskom…). Braaidromme met vleis wat oor die kole lê en sis. En op die sypaadjies én in die strate maal ’n see van mense: swart, wit en bruin in vreedsame samesyn, al begin die sonnetjie byt en al is die rye lank. Jy hoor Engels, Xhosa
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days