Weg! Platteland

Bring marokko huis toe

spyskaart

Glutenvrye sampioentertjies

Pampoenkoekies met lemoen

Persiese rys met ’n kors

Marokkaanse hoender

Olyfoliegemmerkoek met roos-en-appelversiersel

Glutenvrye sampioentertjies

Die kors van dié tert is verspotmaklik, maar jy kan dit nóg makliker maak deur snye suurdeegbrood te rooster en die misosampioene daarop voor te sit.

Maak 6 klein tertjies

Bereidingstyd 15 minute

Gaarmaaktyd 15 minute

JY BENODIG

VIR DIE KORS

250 g amandels
¼ teelepel (1,25 ml) elk fyn komyn en koljander
1 eetlepel (15 ml) olyfolie
1 eier

VIR DIE VULSEL

¼ koppie (60 ml) botter of olyfolie
1 teelepel (5 ml) sesamolie plus ekstra
500 g sampioene, grofgekap
¼ koppie (60 ml) wit misosmeer (miso paste)
2 knoffelhuisies, fyngedruk
6 krulkoolblare
300 g roomkaas (of gebruik maaskaas, ricotta of labneh)

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 160 ºC. Spuit 6 klein losboomtertpannetjies (of gebruik een groot losboomtertpan van 22 cm) met kleefwerende kossproei of smeer dit met botter.

Gooi die Verhit die botter en sesamolie in ’n kastrol en braai die sampioene daarin tot mooi goudbruin. Voeg die misosmeer en knoffel by en roer die mengsel tot dit warm en geurig is. Geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related