Weg! Platteland

Boontjie kry sy kroontjie

Die oumense het groenbone snyboontjies genoem. ’n Mens verstaan hoekom, veral as jy in jou agterkop ’n prentjie het van jou ma in haar kombuis: Daar’s die groot plastiekskottel, die vlymskerp messie in die hand, die kop geboë…

In supermarkte kry ’n mens deesdae die elegante dun Franse groenbone wat jy net so by enige gereg kan voeg of liggies kan stoom en met botter voorsit. Maar die regte outydse snyboontjie het ’n bietjie meer voorbereiding nodig. Bo en behalwe die harde stingeljies weerskante wat afgesny moet word, moet jy die bone vir die meeste resepte eers kerf. Om die kleur en daardie kraakvars tekstuur te behou dompel ek die bone vir 2 minute in kokende water en dan onmiddellik in yswater om die gaarmaakproses te stop. As jy wil, kan jy die bone nou vries om in die herfs of winter te gebruik.

Groenbone is ook heerlik om te piekel en in pasteie, pastageregte of sop te gebruik, maar die ou Franse manier bly maar my gunsteling: Jy soteer die bone stadig in botter saam met lekker baie gerookte spek, uie, knoffel en hope swartpeper.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related