Weg! Platteland

Smeulende Persiese geure

Gevulde pikantrissies

Hierdie happies werk goed as voorgereg of tapas. Omdat dit nie gaargemaak word nie, kan jy dit die dag voor die ete al maak.

Genoeg vir 6

Bereidingstyd 20 minute

JY BENODIG

• 100 g dennepitte
• 300 g sagte bokmelkkaas (chevin)
• gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
• 2 eetlepels (30 ml) vars mentblare, fyngekap
• 400 g pikantrissies (peppadews)
• ment- en mikroblaartjies om voor te sit
• soutbeskuitjies om voor te sit

SO MAAK JY

Rooster die dennepitte in ’n droë pan tot goudbruin – hou dit fyn dop en roer of skud die pan elke paar sekondes sodat dit nie te donker raak nie.

Meng die kaas, suurlemoenskil en -sap, mentblare en dennepitte saam in ’n mengbak tot dit ’n gladde mengsel vorm. Proe en geur dit na smaak met seesout en varsgemaalde swartpeper.

Skep die bokmelkkaasvulsel in ’n spuitsak met ’n breë punt en spuit van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related