Voetspore in die sand
![](https://article-imgs.scribdassets.com/ot8citi0w7o0vl4/images/fileXC68SDF8.jpg)
Van die koppie langs die R365 – die pad wat van Lambertsbaai af oor hierdie sanderige aarde Eendekuil en uiteindelik Porterville toe vleg – lyk Leipoldtville allermins na’n dorp. Al wat verklap dat’n handjie vol siele besig is om hulle dagtaak aan te pak is die hoenderhaan op die kerktoring wat deur die groenigheid beur en sy snawel kordaat in die swaar wolke druk. Rina Theron, wat al donkiejare in die omgewing woon, skryf hoeka in haar selfgepubliseerde boek, Sandveldkos, die plekkie het nie amptelike dorpstatus nie.
Op hierdie grys wintersoggend lyk die wêreld skilderagtig: Die bossieveld en bloekoms wat die dorpie toevou, begin glinster in die sonlig wat deur die wolke bars. Anderkant die dorp lê die sanderige vlaktes uitgestrek en op die oorkantste heuwel is’n paar sirkels wat amper soos feësirkels lyk. En dan, asof die toneel nie idillies genoeg is nie, verskyn bo die Leipoldtville-bordjie langsaam’n perfekte reënboog.
![f0070-01](https://article-imgs.scribdassets.com/ot8citi0w7o0vl4/images/file9J1K3RJL.jpg)
![f0070-02](https://article-imgs.scribdassets.com/ot8citi0w7o0vl4/images/file5FLF6APO.jpg)
![f0070-03](https://article-imgs.scribdassets.com/ot8citi0w7o0vl4/images/fileM9GOOIX5.jpg)
LEIPOLDTVILLE
Harde wêreld
Die afdraai na Leipoldtville is so onpretensieus as kan kom: G’n poorte of bousels of welkombordjies in meer as een amptelike landstaal nie. Net die bordjie wat jou op die grondpad beduie – een wat jou vat deur die dorp met sy twee kerke, twee winkels, twee gastehuise, twee ekovriendelike huise,’n massiewe aartappelstoor en’n motorhawe waar jy enigiets van’n kar tot’n strykyster kan laat regmaak (maar nie petrol kan kry nie). Dit is stil, roerloos, byna gewyd in Leipoldtville se strate, die sypaadjies plekplek al oortrek met geel suring en ander veldblomme.
Die dorp is nie, soos wat’n mens sou dink, genoem na die digter C.F. Louis Leipoldt nie, maar na sy pa, ds. Friedrich Leipoldt, wat in 1905, terwyl hy NG predikant was op Clanwilliam,’n deurslaggewende rol gespeel het in die afstigting van die kerk op die plaas Spioenkop.
Dit was toe harde wêreld en dit is vandag nog harde wêreld, al val dinge so sag op die oog. Een vrou wat alte goed dáárvan weet, is einste Rina Theron, eers boervrou en later boer van die plaas Aan het Berg. Só skryf sy in Sandveldkos oor die streek: “Leipoldtville lê in’n gebied met marginale landbougrond en kan geklassifiseer word as’n semiwoestyn met reënval wat wissel van 100250 mm per jaar,” en “Die Sandveld word nie verniet so genoem nie. Die gebied beskik oor’n groeimedium – na hierdie wit sand kan’n mens nouliks verwys as ‘grond’ – wat sinoniem is met die spierwit aartappels wat hier verbou word en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days