Weg! Platteland

Boekedorp van die Groot-Karoo

Richmond lê díép in die hart van die Groot-Karoo. Dis wydoop wêreld, en met die eerste oogopslag lyk dit na net nóg ’n stil, stowwerige en ietwat verwese Karoodorp. Tog is dit ’n plek wat jy nie op sy baadjie moet takseer nie.

Richmond is naamlik Suid-Afrika se enigste amptelike Boekedorp. Die boekekoors het wel effens afgeneem sedert die dorp in 2007 deur die werk van die deeltydse inwoners Peter Baker en Darryl David dié status bereik en deel geword het van ’n groep plattelandse dorpies reg oor die wêreld wat hulle toewy aan die liefde vir en verkoop van boeke, maar die literêre gees bly deel van die dorp se karakter met die gewilde Boekbedonnerdfees wat steeds elke Oktober hier gehou word. Dan sak boekverkopers, uitgewers, leesliefhebbers en skrywers op die dorp toe – onder die groot geeste wat al ’n draai kom maak het, tel Breyten Breytenbach en Athol Fugard.

NET ’N HANDJIE VOL van die dorp se boekwinkels bly regdeur die jaar oop. “Die boekebesigheid is eintlik maar vir die liefde van die saak,” gesels John Donaldson van Richmond Books & Prints in Loopstraat, die grootste boekwinkel op die dorp. “Dis ’n seisoenale ding wat moeilik is om regdeur die jaar aan die gang te hou.” John, voorheen van Johannesburg, woon al 14 jaar op Richmond en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related