Weg! Platteland

Welkom in Klin-Duitsland

As jy volgende keer uit Gauteng of Mpumalanga koers kies KwaZulu-Natal toe en regtig nie weer kans sien vir die waansinnige verkeer op die N3 nie, is daar altyd die effens stiller pad oor Standerton, Volksrust en Newcastle. Hou van hier af nog net ’n klein entjie aan op die N11 en swaai dan links op die R68 na Dundee. Hier draai jy suid op die R33 in die rigting van die effens verwaarloosde en taxivertrapte Greytown, en dan, skaars 74 km verder, wag Pietermaritzburg.

Die wêreld om jou verander algaande in gawe kronkels en golwende heuwels oortrek met óf suikerrietlanderye óf denne-, bloekom- of wattelplantasies. Dis soos ’n sprokiesland om jou, met die pad wat as ’t ware ’n tonnel daardeur vorm. Ja, jy gaan waarskynlik effens stadiger ry, want pleks van onbeskofte lorriebestuurders kry jy op hierdie pad eerder stokou bakkies wat rustig aan-prt-prt-prt na wie weet watter afdraaipaadjie. Maar dit maak nie saak nie, want jou hart klop rustiger en die wêreld is mooi.

Dan, 37 km nadat jy uit Greytown weg is en 37 km voor jy in die KwaZulu-Natalse hoofstad aankom – ja, presies by die halfpadmerk op die pad wat menige rep soos die palm van hulle hand ken – wag Nieu-Hanover, beter bekend as New Hanover, maar óók bekend as Neu Hanover.

Ja, die Duitse invloed van hierdie wêreld is onmiskenbaar, al hoor jy nie Duits om jou nie en ook nie Engels met ’n swaar Duitse aksent nie. Al loop die Duitse wortels dieper as enige van die bloekoms wat jy om jou sien en al strek dit verder as die suikerrietlanderye wat op die horison in die blou lug wegsmelt – tot by dorpies soos Wartburg, Harburg, (die oorlye) Schroeders, Kirchdorf, Lilienthal en Hermannsburg – het die Duitsers van dié wêreld verengels.

NIEU-HANOVER

Plek van die vleiseters

Jy sou maklik net vinnig deur Nieu-Hanover se rommelbesaaide hoofstraatkry, jou dalk verkyk aan die suikerriet wat tot teen die dorp kruip, maar elke inwoner van die streek én elke verkoopsverteenwoordiger wat die pad op en af ry, sal vir jou sê jy móét ook indraf by die Top End-slaghuis op die perseel, want hier kry jy nie net puik bees- en wildsbiltong en -droëwors en cabanossi nie, maar ook die droë weergawes van Duitse spesialiteite soos Knackwurst en Mettwurst. En as jy verder in die slaghuis begin rondkyk, sien jy ander Duitse lekkernye: Butterkuchen (botterkoek) op die toonbank (vars én gedroog, wat beteken jy geniet hom soos beskuit saam met jou koppie boeretroos), in die yskas Kochkäse, op die oorkantste rak ene Küche Eggers se moerbeikonfyt. Bo teen die een muur staan in groot rooi letters geverf: “Making ends meat”, met daarnaas “Die gute Schlapsterei”, waarskynlik ook ’n woordspeling op “Schlachterei” (slagter) en “schlapp” wat “gedaan” of “slap” en in Namibiese Duits “lui” beteken. Dis allermins die geval, want hierdie slaghuis is elke dag van die week oop.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related