TV Plus Afrikaans

Hier kom die bruid

Ná die drama in Maart vanjaar waarin Bill (Don Diamont) by sy skoondogter Steffy Forrester (Jacqueline MacInnes Wood) geslaap en sy swanger geraak het, het die invloedryke modefamilie ’n bietjie vreugde nodig. En wat is beter as om ’n troue te hou? Brooke en Ridge (Katherine Kelly Lang en Thorsten Kaye) hoop hul neënde poging op huweliksgeluk is ook die laaste een.

Tydens die drie dekades van Bold, het die twee 11 keer die tog na die kansel aangepak, maar net 8 keer getrou. “Daar was altyd iemand op die agtergrond, iemand wat ongenooid by die troue opdaag. Maar dié keer is hulle bedoel vir mekaar,” sê Katherine. “Hierdie keer gaan die vir ewig hou.”

DIE GASTELYS

(Rena Sofer) (Jennifer Garies), hulle op die groot dag met ’n besoek verras, gaan iemand anders ’n groot glimlag op Brooke se gesig plaas. Nadat sy die leë ruimte bokant die kaggel oplet, stel die bruid voor hulle hang ’n foto van die oorlede Forrester-matriarg (Susan Flannery) daar. Hulle was goeie vriende en soms vyande tot Stephanie in 2013 weens kanker dood is. Brooke staar na die skildery en hoor Stephanie sê: “My klein slet uit die vallei, vandag trou jy met my seun en ek wil hê jy moet goed vir hom en die familie sorg. Ek weet ek kan op jou vertrou.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans2 min read
eExtra Weekdae 19:30
@ETVSA @ETV @ETVONLINE h Weekdae eExtra (*195/Openview 105) 12:25 Eda was verpletterd toe Serkan haar afgesê het kort nadat hulle hul liefde in die openbaar bely het, en Eda het uitgevind haar ouma finansier haar Italiaanse beurs. Serkan
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC3 Weekdae 19:00
@THEESTATEON3 @THEESTATEON3 @THEESTATEON3 H Weekdae SABC3 (*193) 11:00 O Saterdae SABC3 10:30 Schumacher en Mncedisi is getroud, Mlungisi het gevoelens vir Cora die ouditeur ontwikkel, en Londiwe se nuwe besigheid het die Khoza-familie se g

Related