Landbouweekblad

Meester van diversifikasie

Vir die Mastersons was 2019 ’n groot jaar. Mnr. Andrew Masterson was nie net die eerste teler wat albei goue bekers op die Royalskou in Pietermaritzburg ingepalm het vir die opperste kampioenbul én -koei nie, maar sy Simmentalerbul Milagro Premier ACM 16-44 is as wêreldkampioen gekroon in die Champion of the World Genetics-kompetisie.

Skouprestasies is egter nie al wat saak maak op Masterson se plaas, Milagro by Oesterbaai, nie. Hier bou hy saam met sy vrou, Colette, aan ’n diverse boerdery om dit te verskans teen die vele aanslae wat boere tans moet trotseer.

Hul hoofvertakking is ’n melkery met nagenoeg 500 melkbeeste, tesame met ’n Angus- en Simmentalerstoetery, ’n kommersiële kudde wat uit kruisings van die twee rasse bestaan, en ’n wolskaapkudde en slaghuis waar hulle onder meer Angusbeesvleis van die veld bemark.

Die melkbeeste wei op aangeplante weiding van meerjarige raaigras onder besproeiing, met die vleisbeeste en wolskape wat op natuurlike veld aangehou word.

Die twee vorm ’n gedugte span, en Colette is volgens haar man die waardevolste werknemer op die plaas. Sy behartig die data-insameling van die vleisbeeskudde, die boekhouding en al die kuddebemarking. Sy is ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Byeboere Kry Meer Per Korf, Maar Is Dit Genoeg?
BYEBOERE is dankbaar vir die klein finansiële hupstoot wat hulle kan kry nadat die riglyntarief vir bestuiwingsdienste in die Wes-Kaap verhoog is. Die nuwe riglyntarief wat sedert 25 April van krag is, is R1 266,70 per korf, R145,70 per korf meer. Di
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli