Landbouweekblad

WAT EET ONS VANAAND?

Lintnoedels met spek en kersietamaties

■ 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper
■ 125 ml olyfolie
■ 4 knoffelhuisies, dun gesny
■ 1 rooi brandrissie, ontpit en baie dun gesny
■ 750 g kersietamaties
■ 125 ml vars room
■ 1 pak (500 g) lintnoedels
■ Sout en varsgemaalde swartpeper
■ 45 ml vars, gekapte platblaarpietersielie
■ Parmesaanskaafsels, om af te rond

Braai die spek in ’n groot, droë pan tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit die olyfolie in dieselfde pan en braai die knoffel en brandrissie daarin tot geurig, maar moenie die knoffel bruin braai nie. Voeg die kersietamaties by en braai tot die skille oopbars. Verwyder van die hitte en voeg die spekvleis en room by.

Terwyl die tamaties braai, kook die lintnoedels in ’n groot kastrol vinnig kokende soutwater tot net gaar. Dreineer en voeg dadelik by die warm

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related