Boere wen met eie Bosvelderskaap
![landbouza200221_article_044_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/12tc3ev8007o9t63/images/file8JPFHOXA.jpg)
PLAASINLIGTING
LIGGING: 1. Middelburg, Mpumalanga
2. Bela-Bela en
3. Thabazimbi, Limpopo
KORTOM
![landbouza200221_article_044_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/12tc3ev8007o9t63/images/fileTWL8CZFJ.jpg)
■ Die Bosvelderskaap is geteel uit drie inheemse rasse, naamlik die Bapedi, Wit Dorper en Van Rooy, om elkeen se beste eienskappe te kombineer.
■ Dié laesorgskaap lam drie keer in twee jaar en benut grasweiding én bosse.
■ Die dier se weerstand teen hartwater maak dit vir boere moontlik om met dié geharde skaap in die Bosveld te boer waar kleinveeboerdery andersins nie slaag nie.
In die noordelike Bosveld se hartwatergebied kom ’n skaap nie sommer die mas op as hy nie teen dié gevreesde bosluisoorgedraagde siekte weerstand het nie; hy vrek maklik as ’n bontbosluis hom byt. Die pionierboere wat die Bosvelder uit die Bapedi, Dorper en Van Rooy geteel het, reken dié skaap is in ’n klas van sy eie en deins nie terug vir hartwater nie.
Lede van Limpopo se Pedistudiegroep (die ras se naam is later na Bapedi verander) wat in 2009 gestig is, wou die produksie van dié vetstert-kleinraamskaap deur infusie verbeter. Hul strewe was ’n “super-Bapedi” deur die ooie met ramme met goeie vleis- en groeikenmerke te kruis, naamlik Wit Dorper en Van Rooy, sonder om die Bapedi se gehardheid en aanpassingsvermoë prys te gee.
Die gevolg is ’n laesorg-, vetstert-veldskaap met die beste eienskappe van dié rasse, naamlik die Bapedi se weerstand teen hartwater en parasiete en vroeë geslagsrypheid, Wit Dorper se vroeë bemarkingsgereedheid en Van Rooy se langlewendheid, hoë melkproduksie, goeie haargehalte
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days