Landbouweekblad

Droogtelesse van veeboere in Namibië

In verskeie dele van Suider-Afrika het die reën reeds vir boere verligting gebring nadat die droogte hulle vir tot sewe jaar uitgemergel het. Ander soek nog verlangend na wolke op die gesigseinder.

Wat duidelik blyk, is die wyse planne wat boere kan maak om te oorleef in toestande waar daar op die oog af nie ’n sweempie hoop is nie. Landbouweekblad het met vier boere van Aranos in die suide van Namibië gesels, ’n streek met normaalweg min reën en waar sommige boere die afgelope sewe jaar feitlik geen reën gekry het nie. Hul omstandighede is tipies van menige ander streek in Suider-Afrika. Baie veeboere kan dus waardevolle lesse uit hul ervaring leer, ongeag waar hulle boer.

BRAAIBRIKETTE

Mnr. Johan Moolman van die plaas Goedehoop vervaardig braaibrikette wat hy na Suid-Afrika uitvoer. Hy het in 2013 begin om houtskool van indringerbosse te maak vir ’n ekstra inkomste. Daar bly egter baie fyn houtskoolstof van 2-15 mm oor wanneer dit gesif word om die groot brokke te skei. Die fyn materiaal is as sodanig nie veel werd nie. Gevolglik maak hy nou brikette daarvan.

Die proses begin by die uitbrand van indringerbosse en -bome om houtskool te maak. Moolman maak nie meer self houtskool nie, maar koop die fyn materiaal by ander

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related