Landbouweekblad

‘Ons wil tegnologie in boere se hande sit’

Wat is jou agtergrond?

Ek is ’n ingenieur, nes James Paterson (my vennoot en die uitvoerende hoof van Aerobotics). Ons is albei tegnies ingestel, maar met verskillende belangstellingsvelde. Ek is veral op analitiese data toegespits. James, wat op ’n plaas grootgeword het, is meer geïnteresseerd in lugvaart en spesifiek die landbou.

My agtergrond is eintlik die mediese bedryf, waar my werk aspekte soos beeldvorming behels het.

Ek en James het megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Ek het daarna die data-roete gevolg, vir Uber gewerk en ’n nagraadse kwalifikasie in Brittanje verwerf.

James is Amerika toe en het aan die Massachusetts Institute for Technology gestudeer. Ons het mekaar weer ná ons studie raakgeloop.

Ons wou albei terugkom Suid-Afrika toe, en het begin kyk na geleenthede in die landbou, veral omdat die bedryf so groot is en met baie kwessies te kampe het. Ons het besef tegnologie kan help om hierdie probleme te oorkom. Die geleenthede was groot en opwindend. Die tegnieke wat ons gebruik om beelde en ontledings in te span, is soortgelyk aan dit waarmee ek in die mediese veld gewerk het.

Is julle besig met baanbrekerswerk, of skoei julle die besigheid op internasionale modelle?

Die grootste deel van ons werk is heeltemal nuut. Wêreldwyd was ons omtrent eerste in hierdie mark. Hommeltuie het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related