Landbouweekblad

Só maak jy wins in die Karoo

Verandering is die enigste feit waaroor ’n mens sekerheid het. Om daarby aan te pas, is ál raad vir oorlewing. Dr. Corrie Avenant, met sy een voet in die mediese wêreld en die ander in boerdery as eienaar van die ATKA-stoetery naby Williston, glo die droogte is die nuwe normaal en goeie reën sal net in uitskietjare in die Karoo uitsak.

Daaglikse voer wat party boere tot R3 per skaap per dag uit die sak kan jaag, is weens die droogte ’n noodgedwonge uitgawe vir die meeste Karooboere.

“Die enigste manier om in sulke omstandighede wins te maak, is om met iets te boer wat ons kan bekostig om te voer,” sê Avenant. “Die belangrikste aspek is dat waarmee ons ook al in die Karoo boer, ’n hoëwaardeproduk moet wees om die voerkoste te regverdig.”

Alle diere op Rietfontein, die ATKA-stoetery se standplaas, is dus stoetdiere en het die afgelope paar jaar groot pryse en rekords op veeskoue en veilings behaal.

SKOUPRESTASIES

Die ATKA-stoetery het verlede jaar baie goed presteer op die Royalskou in Pietermaritzburg. “Ons het die opperste kampioenskaapram en -ooi, asook die opperste kampioen-Boerbokram en -ooi geteel. Dit is die eerste keer nóg

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree

Related