Landbouweekblad

Kragtige tegnologie word nog onderbenut

Grondontleding behoort ’n integrale deel van alle boerderye te wees wat op gewasse, melk, intensiewe veeboerdery of akkerbou konsentreer. Dit is ’n onontbeerlike hulpmiddel om grondtoestande te monitor, bestuursprogramme vir voedingstowwe te ontwikkel en die nodigheid vir byvoegings, soos kalk en gips, vas te stel.

Aangesien kunsmis en verwante produkte groot opbrengsbepalers is en ’n aansienlike deel van die produksiekoste uitmaak, bied grondontleding jou die geleentheid om doeltreffendheid en winsgewendheid te verbeter. Die gesegde lui nie verniet: “As jy nie jou grond toets nie, raai jy bloot.”

Ondervinding toon egter waar grondontleding gereeld gedoen word, word die volle voordeel daarvan in té veel gevalle nie benut nie. Die rede daarvoor is hoofsaaklik ernstige tekortkominge in die proses van monsterneming en -interpretasie.

In hierdie artikel word gekyk na die waarde van grondontleding en hoe belangrik dit is dat die korrekte prosedures gevolg word wanneer grondmonsters geneem word.

POTENSIËLE WAARDE VAN GRONDONTLEDINGS

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo