Kuier

Sterre Voorspel 2020

Steenbok

22 DES. – 20 JAN.

Karaktereienskappe: Jy is hardwerkend en het wysheid wat ander dikwels verstom. Die meeste van die tyd is jy kalm wat jou by tye koud kan laat voorkom. Alles wat jy doen, moet stap vir stap wees sodat jy kan seker wees jy het genoeg beheer daaroor en dat dit reg en ordentlik gedoen word.

Werk & Geld: Die beste tyd vir jou geldsake en werk is na die einde van die jaar se kant toe, so gee nou al jou beste in alles wat jy doen. Moet ook nie in die middel van die jaar opgee nie, anders was al jou harde werk verniet. Jy sal sien jou vordering kom van ou werk-verhoudings af of jy begin uiteindelik die vrugte van jou harde werk pluk. Ander mense en invloede van buite gaan dalk inmeng in jou geldsake loop lig daarvoor. Jou beleggings gaan jou van oor tot oor laat glimlag. Hou aan bou aan jou wat jy het en belê.

Familie & Gesondheid: Jou gesondheid, familie en vriende het jou aandag nodig. So as iets nie lekker lyk nie, moet dit nie net dismiss nie. Kinders speel ’n rol in jou jaar wat voorlê en verg ’n sin van verantwoordelikheid en toegewydheid van jou.

Liefde & Plesier: Jy sukkel steeds om jou liefdeslewe, werk en familie te balanseer. In die middel van die jaar sal dinge vlamvat en jy sal gelukkiger wees.

Waterdraer

21 JAN. – 19 FEB.

Karaktereienskappe: Jy het beslis nie ’n tekort aan selfvertroue nie. Jou kop is altyd besig en daarom is jy so aanpasbaar. Altyd gereed vir verandering! Jy is gedurig opsoek na avontuur en kennis. Soms lyk dit asof jy nie geduld het nie en jy skenk nie aandag aan details nie.

Jy gaan nie rus vir jou siel kry tot later wanneer dinge begin uitwerk nie. Jou sukses gaan te danke wees

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier4 min read
’n Man Soos My Pa
My pa sou vanjaar 80 geraak het. Hy is reeds in 2004 oorlede. John Benjamin Ruiter was ’n komplekse man van inbors en trots, maar in hierdie jaar wat hy 80 sou word, kyk ek terug op sy lewe en besef ek hy was ’n man van paradoks. Hy was ingewikkeld,
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier3 min read
Hallo, Liewe Kuier-lesers!
Soos ek hier tik, voel die afgelope week vir my net soos een groot blur. Twee grotes in ons familie het geval –my ouma, en net twee dae later (en ‘n dag ná haar begrafnis) kom die skoknuus dat haar jonger broer ook nie meer met ons is nie … My ouma,

Related