Baba & Kleuter

Persoonlikheid BEPAAL BAIE

Kyk jy soms na daardie mensie (wat jóú kind is) en wonder waar dié wesentjie vandaan kom?

Met al sy spesifieke voorkeure, karaktereienskappe en persoonlikheidstrekke voel hy soms soos ’n klein vreemdeling.

Maar terselfdertyd beskik hy oor eienskappe wat presies nes joune of jou maat s’n is ...

Ja, dis persoonlikheid. En iedereen, groot of klein, het ’n unieke een. Jou persoonlikheid bepaal hoe jy na die wêreld kyk, hoe jy dinge hanteer en hoe jy met mense en situasies omgaan.

Dit bepaal of jy ’n ekstrovert is wat gek is oor mense om jou, of ’n introvert wat jou eie geselskap verkies. Maar persoonlikheid gaan oor veel meer ...

Reeds in die moederskoot is daardie unieke persoonlikheid al gevorm, hoewel sekere omgewingsfaktore wel op die ou einde gaan bepaal wie en wat jy is, wat jou talente is en hoe dit gaan ontwikkel.

DIT HET BEGIN BY JUNG

Persoonlikheid kan die beste verduidelik word deur te dink aan iemand wat met twee hande gebore word, sê Lizette Erasmus, ’n opvoedkundige sielkundige van Pretoria. “Elke mens ontwikkel ’n voorkeur vir links- of regshandigheid. Dieselfde geld persoonlikheid. Jy ontwikkel ’n voorkeur om byvoorbeeld ’n introvert of ekstrovert te wees.”

Volgens dié teorie, wat sy oorsprong het by die bekende Switserse sielkundige Carl Jung, kom elke kind die wêreld binne met spesifieke voorkeure, oftewel ’n spesifieke persoonlikheid, sê Lizette.

“Tog kan ’n baie oorheersende of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter1 min read
As ’n Soentjie Nie Genoeg Is Nie
Nuwe ouers se leerkurwe is enorm! My kinders is byna oud genoeg om die nessie te verlaat, maar die kurwe plat nog steeds nie af nie. Ek sal seker maar altyd oor hulle gesondheid en veiligheid bekommerd wees, veral noudat hulle begin bestuur het. Dit
Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.

Related