Finweek - Afrikaans

DIE BELASTINGSTELSEL VIR WAAGKAPITAALMAATSKAPPYE – DOODGEPEUTER OF ’N SUKSESVOLLE AANSPORING?

die oorlewing en bestaan van klein en middelslagondernemings (KMO’s) in Suid-Afrika staan altyd voorop wanneer ekonomiese groei en werkskepping ter sprake is.

Talle aansporings, programme en finansieringsplanne het deur die jare gekom en gegaan. Een aansporing wat baie belofte ingehou het, is die artikel 12J-belastingaansporing vir waagkapitaalmaatskappye. Dié aansporing is geskep met die invoeging van artikel 12J in die inkomstebelastingwet wat die belastinghantering van beleggings in waagkapitaalmaatskappye reguleer.

Dié belastingaansporing is in 2009 ingestel en bied aan beleggers ’n belastingaftrekking van 100% van die bedrag wat in die waagkapitaalmaatskappy belê is – wat dan weer in kwalifiserende KMO’s belê.

Die doel was om aandeelfinansiering te verkry vir klein ondernemings wat andersins nie toegang tot befondsing sou hê nie – óf vanweë hul grootte, óf die wesenlike risiko wat met die maatskappy geassosieer word.

Die eerste reeks beleidsveranderinge is egtergou ingestel om persepsies van misbruik aan te spreek, en meer onlangs om die staatskas teen die toenemende

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di
Finweek - Afrikaans3 min read
Hoe Om In Die Volgende Dekade Na Waarde In Aandele Te Soek
baie mense vra my uit oor die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse in die volgende dekade. Dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Soos ek al voorheen aangedui het, is die gehalte van die fondse waarin jy belê belangriker as die enkele prestas

Related